-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Hy was een van die Drie Tenore, saam met sy vriend Jakkie Louw is hy die leeu van Jakkals en Leo en op sy eie is Kevin Leo een van ons land se gunsteling vermaaklikheidspersoonlikhede. Verlede Donderdagaand by die Piet Potgieter Monument Ouetehuis het hy kom wys hoe kry mens ‘n klomp bejaarde dames om soos tienermeisies by ‘n Nicholas Louw konsert te gil.
Selfs die omies kon nie anders as om met die een voet ritme te hou en met die lyf saam te wieg toe Kevin wegspring met ‘n paar gewilde ‘drinkliedere’ nie. Vir ‘n rukkie het die ouetehuis eetsaal soos ‘n taverne in Duitsland in Oktobermaand gevoel.
Inwoners, vriende en familie het heerlik saam geëet en gekuier en die jaar by die Ouetehuis op ‘n hoë noot afgesluit.
0 Comments