-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Mammatrien projek wat verlede jaar vir die eerste keer in Lephalale gehou is, gaan weer hierdie jaar op die 24ste Desember vele kinderharte bly maak. Organiseerders van die projek, Jakes en Catrien Truter het verlede jaar besluit om minderbevoorregte kinders oor Kerstyd te bederf en het met ‘n sleepwa deur die dorp gery en geskenkies en lekkergoed uitgedeel.
Hierdie jaar gaan hulle by hulle huis in Tsetsebestraat 53, sowat 500 lekkergoedpakkies uitdeel en geleentheid gee vir die jongspan om Kersvader te ontmoet. Die 500 boksies is geskenk deur Mogol Spar en die lekkergoed is deur die gemeenskap en uit eie sak gekoop.
“Ons het nog sowat 200 boksies om vol te maak met lekkergoed,” vertel Catrien, "en donasies is altyd welkom." Vir inligting bel haar gerus by 078 193 5469. - Valerie Cilliers
0 Comments