-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
KANSA Waterberg besoek Mokopane op Woensdag, 5 Februarie, om ‘n besondere diens aan die inwoners te bewys. Velkanker is die mees algemene kanker in Suid-Afrika met ongeveer 20 000 nuwe gevalle en 700 sterftes wat jaarliks aangemeld word.
KANSA Waterberg bied ‘FotoFinder’-siftingstoetse hierdie somer in u dorp aan. Die ‘FotoFinder’-dermoskoop is die nuutste opsporings tegnologie vir velkanker, spesifiek tel dit die melanosiete op wat teenwoordig is in ‘n Melanoom.
Die stelsel koppel digitale dermatologiese moesie-beelde outomaties met ‘n oorsigtelike beeld wat die identifikasie en opsporing van letsels moontlik maak.
Die ‘FotoFinder’-dermoskoop bestaan uit ‘n mobiele eenheid wat ‘n hoogs sensitiewe kamera en rekenaar bevat. ‘n Opgeleide Verpleegkundige doen die siftingstoetse en indien die uitslag ‘n hoë risiko vir ‘n melanoom uitwys, sal die persoon verwys word na n medikus.
Kostes vir so ‘n siftings ondersoek is R80 vir een tot twee moesies en neem ongeveer 20 minute vir die opname en prosedure. Die ondersoek word slegs op moesies gedoen en nie op velvlekke nie.
Wilna van den Heever van KANSA Waterberg sal Mokopane besoek en die prosedure sal in Farmakon Apteek by die Pick ’n Pay sentrum gedoen word op, Woensdag,
5 Februarie.
Bestellings moet vooraf gemaak word by Sr Mart Robyn, tel.015 491 5718, 072 420 1831. Besprekings is uiters noodsaaklik.
0 Comments