<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Veediewe vas

 
News : 10 Jan 2014 139 Viewed 0

‘n Veediefstal-sindikaat het verlede week hulle rieme styfgeloop toe die Lephalale veediefstal-eenheid twee verdagtes op heterdaad betrap het.
Boy Phutego en Johannes Opogoleng Mothoni het hierdie week in die landdros- hof in Lephalale op aanklag van veediefstal verskyn.
Volgens ‘n woordvoerder is die veediefstal-eenheid al meer as ‘n jaar op die mans se spoor en kan hulle moontlik met die diefstal van tientalle beeste in die Lephalale-omgewing verbind word.
In Desember is daar op een plaas 14 beeste gesteel. Ander plase is ook geteiken waar dieselfde modus operandi gebruik is. Beeste se pote word aanmekaar vasgemaak sodat hulle nie kan weghardloop nie, dan word hulle deur ‘n drukgang gelei tot naby die pad, waar hulle geslag word.
Die mans het op 31 Desember twee beeste op ‘n plaas net buite Lephalale op dié manier gesteel en doodgemaak.
Die veediefstal-eenheid, wat die mans se spoor gevolg het, het hulle langs die pad met die beeste betrap. Later is ‘n derde persoon wat met ‘n voertuig die vleis kom haal het ook aangekeer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube