-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
KANSA Waterberg besoek Mokopane op Woensdag, 5 Februarie, om ‘n besondere diens aan die inwoners te bewys.
KANSA Waterberg bied ‘FotoFinder’-siftingstoetse hierdie somer in u dorp aan. Die ‘FotoFinder’-dermoskoop is die nuutste opsporings tegnologie vir velkanker, spesifiek tel dit die melanosiete op wat teenwoordig is in ‘n Melanoom. Kostes vir so ‘n siftings ondersoek is R80 vir 1 tot 2 moesies en neem ongeveer 20 minute vir die opname en prosedure. Die prosedure sal in Farmakon Apteek by die Pick’n Pay sentrum gedoen word op 5 Februarie.
Bestellings moet vooraf gemaak word by Sr Mart Robyn, tel.015 491 5718, 072 420 1831.
0 Comments