<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

VLU dames hou miniskou

 
Marié Fourie was die algehele wenner van die Potgietersrus VLU se miniskou op 16 Januarie
News : 27 Jan 2014 237 Viewed 0

VLU Potgietersrus se dames het onlangs hul eerste vergadering vir die jaar gehou. Tydens hierdie vergadering is ook ‘n miniskou gehou waar lede al hul wen items van die vorige jaar kon uitstal.
Masjienwerk wenners was Griet van Staden in die eerste plek met Bets Viljoen tweede en Martie Visagie en Martie Janse van Rensburg gesamentlik derde.
Die pryse vir Gebak en persevering het gegaan aan Martie Janse van Rensburg, Marié Fourie en Martie Visagie.
Martie Janse van Rensburg het ook met die louere weggestap vir brei en hekelwerk met Martie Harmse tweede en Martie Visagie derde.
In die Handvlyt afdeling was Martie Janse van Rensburg ook eerste en Marié Fourie en Linda Venter in die tweede en derde plek.
Joan Erasmus is die borduurkoningin en Bets Viljoen was tweede met Griet van Staden in die derde plek.
Marié Fourie & Martie Harmse is aangewys as wenners in die kuns kategorie.
Marié Fourie is ook eerste met foto-grafie terwyl Martie Janse van Rensburg tweede kom en Linda Venter derde.
Marié Fourie is aangewys as algehele wenner
VLU Potgietersrus nooi elke werkende of nie-werkende dame uit om deel te word van hierdie uiters suksesvolle jarelange Vroue organisasie.VLU is vir volwasse dames wat die behoefte het om verder opgelei te word in “Vrouwees” en wat ‘n behoefte het om haar kreatiewe idees met elkeen te kom deel, asook om dit te kom uitleef.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube