<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kenner kom praat oor nuwe SEB kodes

 
News : 27 Jan 2014 135 Viewed 0

Mokopane Besigheidskamer bied op 7 Februarie 2014 ‘n halfdag seminaar aan rondom die gewysigde swart ekonomiese bemagtingskodes (SEB) soos gepubliseer aan die einde van 2013.
Die gewysigde SEB kodes het ‘n wesenlike impak op besighede en alhoewel die kodes eers vanaf Oktober 2014 deur agentskappe gemeet word, moet besighede al in Jan 2014 met die implementering daarvan begin.
Die SEB kodes gaan onder andere ook bespreek word in die konteks van ander bestaande sektor kodes, asook die mynbou sektor se SEB vereistes.
Die aanbieder is Louis McLaren, ‘n spesialis op die gebied van SEB, wat al sedert die eerste SEB kodes se publisering in 2007 besighede bystaan om die spesifieke wetgewing te verstaan en die nodige voldoe-ning daaraan te implementeer.
“Ons wil op die dag seker maak dat besighede die impak van die gewysigde kodes verstaan en besighede ook die geleentheid bied om die vrae te vra wat nodig is” sê Gerrit van der Veen, Mokopane Besigheids-kamer president. “Onder die nuwe kodes staar meeste besighede ‘n aansienlike verandering in SEB vlakke in die gesig en dit is krities dat besluitnemers ingelig moet wees om die potensiële negatiewe te kan bestuur.”
Die seminaar begin om 08:30 vir 09:00 by NG Hulp en Hoop Gemeentesentrum in HF Verwoerd straat, Mokopane en eindig om 13:00. Koste beloop R50 vir ‘n lid van enige besigheidskamer, mits bespreking via sy besigheidskamer gedoen word, anders is dit R100. Besprekings en navrae kan by Mokopane Besigheidskamer gedoen word via epos na mokopane.bti@web.co.za of soggens by 015 491 8458.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube