-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Sowat R500-miljoen se vee is tydens 2013 in Suid-Afrika gesteel. Hierdie skokkende statistiek is onlangs deur die Nasionale veediefstal voorkoming forum (NVVF) bekend gemaak.
Volgens Jaco Maree, voorsitter van die NVVF, kan die voorkoms van veediefstal
drasties verminder word indien die rolspelers in die bedryf verseker dat vee korrek gemerk word.
“Die Wet op die Identifikasie van Diere, (Wet 6 van 2002) maak voorsie-ning vir die verpligte merk van vee en die Wet op Veediefstal, (Wet 57 van 1959) beheer die beweging van vee. Beide hier-die wette is daargestel om die bedryf en die Polisie te ondersteun om veediefstal te bestry en om gesteelde vee makliker te kan terugvind. Dit blyk dat die grootste gedeelte van die veehandel nie gehoor gee aan die bepalings van die betrokke wetgewing nie en dus nie voldoen aan die basiese vereistes om veediefstal te bekamp nie,” het Maree in ‘n verklaring gesê.
Die NVVF versoek dringend dat alle vee-eienaars ‘n unieke brandmerk registreer, en om die geregistreerde merk op alle betrokke vee aan te bring soos omskryf in die wet.
Dat die ‘Dokument van Identifikasie’ en ‘Vee verwydering sertifikate’ voltooi en verskaf word tydens alle transaksies.
Dat alle veekopers, abattoirs, voerkrale en afslaers vee-eienaarskap bevestig en weier om lewende hawe in besit te neem wat nie gemerk is nie of waar die nodige ‘Dokumente van Identifikasie’ en ‘Vee verwydering sertifikate’ die besending nie vergesel nie
Dat alle ‘Dokumente van Identifikasie’ vir 12 maande op rekord gehou word
0 Comments