<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS lewer top 3 in streek!

 
Onderskeidelik tweede en derde in die streek is Ignus le Roux en Gerrit Peens.
News : 27 Jan 2014 135 Viewed 0

Ellisras Hoërskool (EHS) is verlede Vrydag by die Limpopo onderwysdepartement se Waterberg Distrik prysuitdeling in Bela Bela vir die tweede agtereenvolgende jaar as die beste van die ou Model C skole in die streek aangewys.
Individuele pryse het ook gegaan aan Kenneth Seleka wat met sy matriekuitslae aangewys is as top akademiese presteer-der in die streek. Hier het hy gekompeteer met matrikulante van hoërskole soos soos Piet Potgieter, Hans Strydom, Nylstroom, Settlers, Frikkie Meyer en Warmbad. Die tweede en derde beste leerders is ook van Hoërskool Ellisras, hulle is Ignus le Roux en Gerrit Peens.
Kenneth is die top presteer in sommer ‘n hele paar vakke:  English First Additional Language, Lewens Wetenskappe, Wiskunde, (met 99%) en Inligtingstegnologie (hy is die beste presteerder in hierdie vak in die hele provinsie!)
Ignus le Roux is die beste presteerder in Afrikaans huistaal en rekeningkunde! Anlu Coetsee verower die prys vir die beste Geografie leerder.

 

 

 
 

Kenneth Seleka is die Waterberg distrik se top matrikulant, hier is hy saam met sy IT-onderwyser, Johan Heystek.
Onderskeidelik tweede en derde in die streek is Ignus le Roux en Gerrit Peens.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube