<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nguni Grill besteel

 
Diewe het Maandagoggend deur die dak gebreek om toegang tot Nguni Grill te kry.
News : 27 Jan 2014 124 Viewed 0

LEPHALALE – Dit was die reuk van rook en ‘n ligte lagie stof op die toonbank wat Etienne Victor, eienaar van Nguni Grill laat besef het iets skort toe hy Maandag-oggend die restaurant oopsluit. Sy vermoede is bevestig toe hy die kantoor deur oopmaak en die oopgesnyde kluis en die gat in die dak sien.
Daar word vermoed dat ‘n onbekende aantal verdagtes na sluitingstyd, 11:45 Sondagaand, hulle kans afgewag en die perseel deur die dak betree het. Só het hulle ook toegang tot die kantoor gekry waar hulle die alarm gedeaktiveer het. Daarna is een kluis omgegooi en ‘n ander met ‘n hoeksnyer oopgesny om by die kontant uit te kom. Daar is ook ‘n skootrekenaar, die restaurant se drie Play Stations, verskeie bottels whisky en koeldranke gesteel. Volgens Victor wil dit voorkom of die diewe nie haastig was nie. “Hulle het al die yskaste se slotte oopgebreek. Ons het verskeie leë bottels Red Bull  en sigaretstompies in die restaurant en kombuis gekry. Dit lyk ook vir ons of daar deur die loop van die inbraak eers Play Station gespeel is,” vertel hy.
Dit is steeds onbekend hoeveel verdagtes by die inbraak betrokke was. Polisie kon slegs een duidelike spoor en ook vingerafdruk op die toneel lig. Volgens die Lephalale polisie word die saak ondersoek. - Valerie Cilliers (valerie@noordnuus.co.za)

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube