-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Dit was ‘n besige naweek vir slangkenner, Marius Koekemoer en die Reptile Rescue span wat die naweek moes bontstaan om slange in die Lephalale omgewing te vang.
Op die plaas De Kuile het Marius ‘n 4m luislang tussen die beeste gevang. Die slang het toe reeds ‘n blesbok doodgedruk, halfpad gesluk en uitgespoeg. Op Tienie Loots se plaas net buite Lephalale is ‘n berugte hoenderdief van sowat 3m ook die naweek gevang. Hierdie lui-
slang is die kleinste van drie luislange wat die afgelope ruk daar gevang is. Die luislange wat verwyder word; word na reservate in die omgewing geneem waar Reptile Rescue toestemming het om die slange vry te laat. Marius waarsku dat luislange wat groter as drie meter is, gevaar kan inhou vir jong kinders.
“Hierdie slange is ontsettend sterk en moet verkieslik nie self hanteer word nie, min mense weet ook dat hulle 180 tande het en baie seer kan byt.”
Ander slange wat die naweek deur Rescue Reptile gevang is, is ‘n 1,7m wipneuskobra by Medupi, ‘n 2,2m swartmamba by die Mogolklub, twee skildneuskobras, ‘n boomslang in Onverwacht, ‘n Mosambiekse spoegkobra by die weermag-basis en ook ‘n 1,2m waterlikkewaan by ‘n huis in Gompoustraat.
Vir die verwydering van luislange of enige giftige slangspesies kontak vir Marius by 072 174 6970.
0 Comments