<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bosveld vang stukkie ‘Carina’ vas

 
Carina Stander
News : 31 Jan 2014 94 Viewed 0

Carina Stander het nie baie bekendstelling nodig vir die mense van Lephalale nie. As ’n plaaskind wat hier skoolgegaan en grootgeword het, word haar suksesse as skrywer en digter dikwels met ’n glimlag bespreek.
Toe Carina ingestem het om vir Noordelike Nuus ‘n maandelikse rubriek te skryf, het ons ook breed geglimlag vir die geleentheid om een van die Bosveld se eie mense se vernuf terug te ploeg in die gemeenskap waarin sy grootgeword het.
Carina se pa, Sarel, bly al 60 jaar op die plaas Bergfontein buite Lephalale waar hy boer, terwyl haar ma, Truiki, vir jare Afrikaans en Duits gegee het by Ellisras Hoërskool.
Carina, wat ‘n honneursgraad in Beeldende Kuns aan die Universiteit van Pretoria vewerf het, is vryskutjoernalis by ‘n aantal nasionale tydskrifte en koerante en was twee maal Artikelskrywer van die Jaar by die Media24 tydskrif, Lééf. Sy publiseer in versamelbundels en van haar kortverhale en gedigte is voorgeskryf vir skoolkinders. Ná ‘n meestersgraad (met lof) in Kreatiewe Skryfwerk van die Universiteit van Kaapstad, verskyn haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, (Tafelberg 2006). Dit was op die kortlys vir die Universiteit van Johannesburg debuutprys en agt van dié gedigte is in die Groot Verseboek 2008 opgeneem. ‘n Handvol gedigte uit haar tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009) is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada vir hul CD’s Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD, Onthou. Saam die tjellis, die Ha!man (Francois le Roux) het sy ‘n versmusiek-CD uitgebring waarop sy 15 van haar gedigte voorlees. Wildvreemd, haar debuutroman, verskyn in 2011 by Tafelberg. Dit word in galerye in Stellenbosch, Pretoria en Knysna bekend gestel in samehang met haar inksketse van karakters en tonele uit die boek. Wildvreemd is in Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens en verskyn in 2013 by Uitgeverij Athenaeum. Wildvreemd  is die voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaanse privaatskole vir 2014 tot 2016. Van Cordis Trust ontvang Carina die Orde van die Goue Pen en sy gebruik dié publikasieprys om haar seun, Aden van Niekerk, se eie vertellings en sy kinderkuns byeen te bring in Wollkland (2013) - ‘n kinderboek deur haar kleuter. Carina woon al vir jare saam met haar man en twee   seuns in die Tsitsikamma.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube