<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Heerlik gesellig by VLU aandtak

 
News : 31 Jan 2014 74 Viewed 0

Die VLU Ellisras aandtak het Maandag-aand die jaar afgeskop met ‘n heerlike gesellige geleentheid.
Plaaslike regskenner en prokureur, Elmien Lewies, het die dames toegespreek oor hul regte tydens regsprosesse. Goeie raad soos om ‘n verklaring in jou eie taal by die huis te skryf voordat jy polisiestasie toe gaan om ‘n saak aanhandig te maak, of om voor die tyd die hof te besoek om jouself te vergewis van waar jy moet staan om getuienis af te lê is van die raad wat aan die dames gegee is. “Die hof lyk soms intimiderend, maar vra die aanklaer om jou ‘n bietjie touwys te maak oor die prosedures wat gevolg gaan word. Indien jy as ‘n getuie in die hof moet verskyn, vra vooraf om ‘n afskrif van jou eie verklaring te sien, sake neem soms jare om in die hof te verskyn en ‘n mens kan maklik die fyn besonderhede vergeet.”
Na die insiggewende praatjie het die dames rondom die tafel gekuier en sommer baie oor die verskillende gebruike van
gekoopte deeg geleer.
Die VLU aandtak vergader elke ses weke op ‘n Dinsdagaand om 18h30. Dit is  informeel en ideaal vir werkende dames. Vir  inligting skakel Madelien Bothma by 082 326 7308.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube