<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Olifant val man aan

 
News : 31 Jan 2014 142 Viewed By LiN Nuus 0

’n O­li­fant­han­teer­der van Ad­ven­tures with E­le­phants bui­te Be­la-Be­la is glo op Son­dag, 26 Jan­u­a­rie, deur ’n o­li­fant­bul aan­ge­val.
Vol­gens Sean Hens­man, ei­e­naar van Ad­ven­tures with E­le­phants, het die re­ser­vaat se o­li­fant­han­teer­der, Da­vid Mu­pu­pu (34), pro­beer om ’n 16-ja­ri­ge o­li­fant­bul weg te lei van ’n boom wat tydens die vorige nag se storm op ’n hei­ning geval het. Die o­li­fant het glo pro­beer om die bla­re van die boom te eet.
Hens­man het ge­sê daar was geen be­spre­kings vir o­li­fant­rit­te op dié dag nie en die die­re het vry­lik on­der die han­teer­ders te toe­sig rond­ge­loop. Hy sê teen laat­mid­dag het die han­teer­ders die o­li­fan­te pro­beer te­rug­skuif na die o­li­fant­hok­ke toe, maar die 16-ja­ri­ge bul het glo weg­ge­breek van die trop en te­rug­ge­keer na die boom by die hei­ning.
Mu­pu­pu het glo weer pro­beer om die o­li­fant weg te lei, maar die o­li­fant het na be­we­ring na hom toe gedraai, hom neer­ge­slaan met sy slurp en hom teen ’n boom vas­ge­druk. In die pro­ses het die o­li­fant se tand Mu­pu­pu se been raak­ge­steek. Die an­der han­teer­ders het da­de­lik tot sy red­ding ge­kom en die o­li­fant het Mu­pu­pu da­de­lik ge­los, son­der om ver­de­re ag­gres­sie te toon. Mu­pu­pu het rug­graat-, been- en bo­lyf­be­se­rings in die voor­val op­ge­doen, maar sy toe­stand was nie kri­tiek nie, het Hens­man gesê.
Mu­pu­pu is tans in die Muel­med-hos­pi­taal in Pre­to­ria waar dit volgens Hensman gaan goed met hom. “Ons o­li­fan­te is ge­woond daar­aan om per­soon­li­ke in­ter­ak­sie met ons han­teer­ders te hê en Da­vid en dié o­li­fant is al vir ba­ie ja­re deel van ons fa­mi­lie. Om vei­lig­heid toe te pas het ons die o­li­fant ty­de­lik ge­ï­so­leer om die on­der­soek af te han­del,” het Hens­man ge­sê.
Hy het by­ge­voeg dat hul­le nie die o­li­fant vankant gaan maak nie.
— LiN Nuus/Die Pos

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube