-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Drickus Botha is aangestel as die nuwe Streekbestuurder van TLU SA Noord en sal vanaf 1 Februarie
hierdie pos vul.
Botha en sy gesin woon al 13 jaar in die Dendron omgewing, waarvan hy reeds vir die afgelope 10 jaar betrokke is by die landbou-insetbedryf en sedert September 2012 die eienaar is van ’n trekker onderdele winkel in Dendron. Botha sal gestasioneer wees in Dendron, maar die Streekkantoor van TLU SA Noord is steeds in Polokwane en kan gekontak word by tel: 015 293 9804 of epos: wilma@ntlu.co.za.
Die Streek se Dagbestuur spreek die hoop en verwagting uit dat die aanstelling van Botha net tot voordeel van die organisasie sal wees en hulle nooi al die lede uit om hom vanaf 1 Februarie 2014 gerus te skakel met enige probleme. Sy kontakbesonderhede is 082 744 9287 of drickusb@gmail.com.
0 Comments