-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Na ses maande se intensiewe chemote-rapie is Linke Nel, 'n 20-maande-oue dogtertjie van Lephalale steeds nie in remissie nie. Tien maande gelede was sy 'n gelukkige baba wat pas begin loop het, maar vandag veg sy om haar lewe teen 'n seldsame vorm van Akute Limfoblastiese Leukemie (ALL).
Haar ouers, Brandt en René Nel, moes na die behandeling hoor dat daar geen verdere beproefde behandeling vir haar hier in Suid-Afrika besikbaar is nie. Na verskeie konsultasies en baie gebed het die familie te hore gekom van 'n dokter in Sydney, Australië, wat pasiënte met dié seldsame siekte suksesvol behandel. 'n Glinstering van hoop vir 'n kosbare dogtertjie wat
dapper veg teen kanker.
Dit het alles begin toe Linke op 14 maande aanhoudend begin koors kry het. Na weke se behandeling en vele reekse antibiotika is sy deur die familie se huisdokter na 'n pediater in Pretoria verwys. René vertel dat Linke teen daardie tyd skaars kon wakkerbly. Na 'n volle week van ondersoeke en mediese toetse het die hartverskeurende diagnose - dat dit kanker is, die familie se lewens heeltemal omgekeer.
Dokters het haar onmiddellik begin
behandel en ‘n Port-O-Cath wat chemote-rapie inwendig toedien, is twee keer in haar liggaampie ingeplant. Die chemote-rapie het haar immuunstelsel tot so ‘n mate aangetas dat sy nou in isolasie gehou moet word. Linke word steeds daagliks chemoterapie en steroiede mondelings toegedien. Sy kry elke vier weke ook binneaarse chemobehandeling en moet juis môre (Saterdag) daarvoor by die hospitaal wees.
René en Brandt glo dat daar in Australië vir Linke 'n kans op oorlewing is. Indien 'n visum vir Brandt betyds verkry kan word en as Linke genoegsaam herstel van Saterdag se chemo, vlieg die gesin op 16 Februarie na Sydney. Daar sal sy in die Westmead kinderhospitaal opgeneem word vir behandeling. Hiervoor moet die gesin R1-miljoen vooraf betaal, omdat hulle mediese fonds nie behandeling in Australië dek nie. Tot dusver is R269 950 deur vriende en familie ingesamel en glo hulle vas dat die Here sal voorsien.
Volgens René is dit nog nie duidelik waar hulle sal bly nie. "Vriende in Sydney is besig om vir ons uit te kyk vir verblyf, ons glo dat daar vir ons uitkoms gaan kom. Linke het my lewe
verander die dag toe sy gebore is. Daar is geen woorde om te beskryf hoe lief ons vir haar is nie en al wat ons kan doen is om te bid vir 'n wonderwerk."
Die familie bedank almal wat reeds 'n bydrae gemaak het om Linke se behandeling in Australië moontlik te maak.
Die trust rekening wat deur ‘n prokureurs firma bestuur word se besonderhede is:
Lewies & Kitching Attorneys ABSA trust Account
Account number : 1470158197
Branch code: 632005
SWIFT CODE: ABSAZAJJ (international donations)
REFERENCE: L2537 (moet asb nie versuim om die kode as verwysing te gebruik nie)
Linke se vordering kan gevolg word op die facebook blad “Little Linke Love”.
0 Comments