-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Renata Venter is dalk die nuwe Graad 2 by Laerskool Krugerpark, maar sy is geen vreemdeling in Mokopane nie. Sy is hier gebore en getoë en het al haar merk gemaak as sakevrou in die eiendomsmark en ook as huismoeder by haar losieshuis vir tieners.
“Ek is lief vir kinders en dit is vir my ‘n voorreg om nou skool te kan hou en en betrokke te wees in die lewe van elke kind. Ek hoop om in elkeen se lewe ‘n verskil te kan maak,” gesels sy.
Renata het haar dank teenoor die personeel en ouers van Krugerpark uitgespreek vir die warm en positiewe manier waarop hulle haar verlede week by hul skool ontvang het.
0 Comments