<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tannie Poppie gaan nou uitspan

 
Elizabeth Benadie (Tannie Poppie)
News : 14 Feb 2014 73 Viewed 0

Vir die laaste 19 jaar het Elizabeth Benadie (Tannie Poppie) gehelp om Laerskool Krugerpark se boeke te laat klop, maar nou gaan sy aftree en al daai dinge doen waarvoor sy nooit tyd gehad het nie, vertel sy.
Tannie Poppie het in 1995 as finansiële beampte by die skool begin werk. In dié tyd was sy ook ‘n ma vir haar en haar man, Johan, se drie dogters. Hulle drie is nou al uit die huis uit en Tannie Poppie spog met vier kleinkinders en ‘n vyfde een op pad.
Wanneer sy op 28 Februarie aftree gaan sy en haar man sommer heel eerste see toe - Weskus toe. Sy is lief om te stap, in die veld of langs die see - en dit is hier waar sy die meeste van haar aftree jare wil spandeer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube