<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kenner kom praat oor Satanisme

 
News : 14 Feb 2014 573 Viewed 0

‘As jy dink [jou dorp] is uitgesluit as dit by Satanisme kom, maak jy ‘n groot fout.” So sê Dr Kobus Jonker voormalige hoof van die okkulte eenheid van die Suid-Afrikaanse polisie. Dr Jonker gaan op Woensdag, 26 Februarie ‘n praatjie in die Ellisras Hoërskool saal lewer oor die onderwerp.
Hy het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê sy tema vir die praatjie is Satanisme ‘n realiteit of ‘n mite.
“Daar is baie skole, veral in die Johannesburg omgewing waar verskeie moorde die afgelope ruk gepleeg is. Genoegsame bewyse toon dat die moorde moontlik verwant is aan Satanisme wat in skole
beoefen word. Mense in plattelandse dorpe berus hulself daarby dat sulke dinge nooit in klein dorpies gebeur nie, maar hulle maak ‘n fout. Dit is veral die klein dorpies wat geteiken word.”
Dr Jonker gaan praat oor keuses wat jongmense maak. Hy gaan ook gesels met die ouers oor wat hulle te doen staan indien hulle agterkom dat hulle kind by so iets betrokke is. Hy sal kyk na die tekens en ook voorkoming  Die praatjie begin 18:30 en die hele gemeenskap van Lephalale word uitgenooi. Kinders onder 13 jaar moet weens die sensitiewe aard van die inligting verkieslik nie die praatjie bywoon nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube