<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

VLU Aandster en Voories in alliansie

 
Madelain Uys en Monica Human van die VLU Aandster-tak saam met die Voortrekkers van Mokopane tydens die eerste skakeling tussen dié twee organisasies. Die voortrekkers en die VLU gaan van nou af een keer per maand bymekaarkom en lekker dinge saam doen.
News : 02 Mar 2014 92 Viewed By Jasper Raats 0

Met die VLU-Aandster tak se fokus op betrokkenheid hierdie jaar, het die plaaslike Voortrekkerkommando nou ‘n nuwe klomp tannies wat elke maand iets lekkers saam met hulle gaan doen.
“Omdat ek jare gelede as offisier by die Voortrekkers van die dorp betrokke was en voor dit as kind ‘n Voorie was, is dit vir my lekker om nou weer by dié klomp kinders betrokke te raak,” vertel Monica Human van die VLU.
Vir die eerste skakeling tussen die twee organisasies, het die VLU kolwyntjies, versiersuiker en ander koekversie-rings saamgebring vir die Voortrekkers om te versier. Die groot lekker het natuurlik in die eet na die fotosessie gelê.
Die VLU dames het die voortrekkers genooi om voorstelle te maak van ander dinge wat hulle graag deur die loop van die jaar saam met die tannies wil doen. Daar was sommer baie idees - van ‘n visvang-naweek op iemand se plaas tot ‘n piekniek.
In hierdie stadium is dit nog nie duidelik wie die meeste pret gaan hê en die meeste genot gaan put uit hierdie samewerkingsooreenkoms nie, die Voortrekkers of die VLU.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube