<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Barbaarse aanval op Roedtan

 
News : 02 Mar 2014 201 Viewed By Jasper Raats 0

Mokopane se Spoorsnyers, 'n groep hoogs opgeleide polisiereserviste wat help met die opspoor van vermeende plaasaan-vallers en wildstropers, was Vrydag-oggend vroeg reeds op die spoor van ‘n groep gewapende mans wat Donderdagnag op  Leshoka Thabang Lodge naby Roedtan toegeslaan het.
Volgens polisiewoordvoerder, Kol. Ronel Otto, het ‘n groep van vyf mans gewapen met messe en pistole, ses mense, onder wie werknemers en gaste, aangehou en vasgebind.
Die aanvallers het geld, juweliersware en toegang tot die kluis geëis. Hulle het ’n vrou en ’n man, albei werknemers, na die veld geneem.
Otto het gesê die aanvallers het die man aangesê om die vrou voor hulle te verkrag. Die man kon nie ’n ereksie kry nie en albei is toe met brandende takke en blare op hul geslagsdele gebrand.Beide is in ’n hospitaal vir hul beserings behandel.
Otto het gesê selfone, skootrekenaars en ’n onbekende bedrag geld is gesteel voordat die aanvallers gevlug het.
Leshoka Thabang het in April 2013 ook deurgeloop toe 66 renosterhorings uit ’n toegesluite kluis in die kantoor gesteel is. Die kluis is met ’n hoeksnyer oopgesny.
Vrydag se reën het die spoorsnyers se werk egter bemoeilik.
Die Spoorsnyers  het genoem dat Die verdagtes moontlik met ander gewapende rooftogte in die omgewing van Mokopane verbind kan word. Hulle het ook op hul Facebook-bladsy aangekondig dat een verdagte in verband met die aanval oor die naweek in aangekeer is. Of hy positief met die misdaad verbind kon word, kon teen druktyd nog nie vasgestel word nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube