-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Linke is sowat tien maande gelede gediagnoseer met ‘n seldsame vorm van Akute Limfoblastiese Leukemie (ALL).
Hoewel sy aanvanklik hier in Suid-Afrika behandel is, is daar geen verder beproefde behandeling hier beskikbaar nie. Die Nel’s het te hore gekom van ‘n dokter by die Westmead kinderhospitaal in Sydney wat al soortgelyke pasiënte suksesvol behandel het en het besluit om Linke daar heen te neem.
René vertel dat die die klein pasiëntjie en haar boetie die vlug goed hanteer het. “Die Qantas vlugpersoneel was baie behulpsaam.”
Ook by die hospitaal is hulle vriendelik ontvang, “Ons het die dokter en verpleegpersoneel ontmoet en almal is baie gaaf,” het sy hierdie week vanuit Australië aan Noordelike Nuus gesê.
“Dis 'n moeilike pad. Veral met Pappa so ver. Maar darem ‘n pad wat moontlik gemaak word en ons is so so so dankbaar daarvoor.
"Ons kort nog baie fondse vir die behandeling maar ons glo dat daar vir ons ‘n pad gemaak sal word.”
Met net meer as die halfte van die R1 miljoen wat vir die behandeling benodig word reeds in die bank, glo die gesin vas dat God sal voorsien.
Die familie bedank graag almal wat al ‘n bydrae gemaak het om Linke se behandeling in Australië moontlik te maak.
Die trustrekening besonderhede is:
Lewies & Kitching Attorneys
ABSA trust Account
Account number: 1470158197
Branch code: 632005 SWIFT CODE:
ABSAZAJJ (international donations)
REFERENCE: L2537 (moet asb nie versuim om die kode as verwysing te gebruik nie).
Linke se vordering kan gevolg word op die Facebook-blad “Little Linke Love”.
0 Comments