<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ongeluk eis jong lewens

 
News : 06 Mar 2014 458 Viewed By Jasper Raats 0

Kierron Lloyd, Herman Lubbe, Louis Kempen en André Coetzee was op pad terug na Mokopane van Loftus Versveld waar hulle die rugbywedstryd tussen die Lions en die Bulls gaan kyk het.
Lloyd en Lubbe is albei dood terwyl Kempen en Coetzee ernstig beseer is.
Lloyd was die takbestuurder van BB Auto Mokopane en Lubbe was Furn4U se stoorbestuurder.
Lubbe is die afgelope paar maande deur agt sessies chemoterapie nadat hy verlede jaar met klierkanker gediagnoseer is.
“Ons sou Woensdag Pretoria toe gaan om te hoor of hy ‘skoon’ is,” het sy vrou, Debbie, Dinsdag aan Noordelike Nuus gesê.
Lubbe sou Juliemaand 34 word. Hy laat sy vrou en twee dogtertjies, Megan, Kyla en hul seuntjie, JG agter. Hy word Saterdag om 11:00 uit die NG Oos gemeente op Mokopane begrawe.
“My liefste man Herman...Rus in vrede my man ons gaan jou vreeslik mis en is baie lief vir jou,” het Debbie hierdie week op sy Facebook-bladsy geskryf.
Lloyd word Vrydag [vandag] om 11:00 uit die Gereformeerde kerk in Mokopane begrawe. Hy laat sy vrou Anoesjka en drie seuntjies, Zayden, Herman en Kian agter. Medelye en innige simpatie vir sy geliefdes het deur die week op sy Facebook-bladsy ingestroom.
Personeel by BB Auto het ook hul medelye met die families betuig.
Kempen, wat ook by BB Auto werk, sou teen Woensdag uit die hospitaal ontslaan word, maar Coetzee was nog besig om te herstel van ‘n operasie wat hy glo aan sy oog moes ondergaan.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube