-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Kruisplantingseremonie is Dinsdag gehou vir Bernadine Kruger wat vyf jaar gelede op die ouderdom van 16 deur ‘n taxi doodgery is. Haar ma, Elsabé Homan, wat die afgelope twee jaar in Lephalale woon het aan Noordelike Nuus gesê die seremonie is gereel deur die Vryheidsfront plus en die kruis is geplant in Pretoria-Oos naby die plek waar Bernadine gesterf het.
Bernadine se dood het destyds baie opspraak gewek nadat dit aan die lig gekom het dat die bestuurder van die taxi Bernadine op haar bromponie agtervolg, met opset gestamp en oor haar gery het.
Elsabé het na Bernadine se dood die VF Plus genader en saam het hulle by die hof aansoek gedoen dat die betrokke taxibestuurder van moord aangekla word nadat getuienisse dit laat blyk het dat die bestuurder met opset opgetree het. Die staatsaanklaer het later die klag van strafbare manslag na moord verander en hy is inderdaad daaraan skuldig bevind.
Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer is die kruis geplant om ons te herhinner aan Bernadine, maar ook om motoriste daaraan te herhinner om meer verdraagsaam op paaie te wees - lewens hang daarvan af.
0 Comments