<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vloed kelder amper droom vakansie

 
News : 20 Mar 2014 210 Viewed By Valerie Cilliers 0

Karen vertel dat sy Woensdag ‘n oproep van DA raadslid Astrid Basson gekry het om haar te laat weet dat daar ‘n vloed waarskuwing uitgereik is en dat paaie moontlik gesluit gaan word. “As julle nog Mauritius toe wil gaan beter julle nou gaan het sy gesê. Ek het binne 10 minute ons paspoorte, klere en pille gepak. Ek het selfs ons nat wasgoed in ‘n sak gegooi. Ons honde Teddy, ‘n skottie en Jakkals ‘n Corgi het ons in Mariaan van die DBV se bekwame hande gelos.
Karen vertel dat sy Dinsdag al bekommerd was dat hulle nie by die lughawe sou kon uit kom weens verspoelde paaie nie. Daarom was daar ‘n plan B. “Ons plan was om deur Botswana te ry, daar sou my Pa, Marius Kotze van Rhino Land, ons uitvlieg Nylstroom toe. Gelukkig was dit nie nodig nie en te danke aan Astrid kon ons betyds uit die dorp uit kom.”

Beeld het van hulle te hore gekom en sommer op die lughawe met hulle ‘n onderhoud gevoer. Maandagoggend verskyn hulle op die voorblad.

Karen vertel dat sy die 1996 vloed ook beleef het. “Ek het daardie jaar by Frik Malan gewerk en ons moes fotos in ons hoë hak skoene van Machauka gaan neem aangesien Santam se assesors nie in die dorp kon kom nie.”

Oor die vakansie sê sy: “Dit is ongelooflik - vyfster verblyf, vyfster kos - beter as wat ons ooit kon droom.

Oor hulle debuut op die voorblad van ‘n nasionale koerant sê sy: “Ek hoop ons storie inspireer mense om vas te byt deur al die drama en kinkels wat oor jou pad kom. Humor en onvoorwaardelike liefde en God het ons deur alles gedra!”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube