-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
“Oral waar ons gaan, moet ons die musiek van die lewe kan hoor!” sê Tharina Rossel, presidente van VLU Noord, wat die opening van die konferensie waargeneem het. Sy het gesels oor die tema van die jaar, “Leef die lewe!” Sy het gewaarsku dat mens nie die lewe as vanselfsprekend moet aanvaar nie. Confucius het gesê: “Wees hartlik, vriendelik, regverdig, sonder wroeging: Leef so!” Die helfte van ‘n mens se geluk hang af van fisiologiese faktore, die ander helfte word saamgestel uit 10% omstandighede en 40% keuses, het sy verduidelik. Daarom is ‘n mens se keuse so belangrik; moenie uitstel nie! “Dis belangrik om te onthou wat Moeder Theresa gesê het: Leef so dat die wêreld die goedheid van God in jou kan sien.”
Die gasspreker, Marianthie van der Walt, het gesê dis belangrik om nie bloot te bestaan nie, maar om te leef. “J Addison het gesê: “Happiness is to have something to do, something to love and something to hope for.”” Sy het die gehoor aan die giggel en lag gehad tot die trane gerol het met ‘n paar lag-terapie-oefeninge.
Annetjie Dreyer, is herkies as streek voorsitter van Bosveld. Sy het lede bedank vir hulle deelname en betrokkenheid deur die jaar. Hettie Vermaak is verkies tot beoordelaar sameroeper vir die streek.
Top presteerders is vereer vir hulle harde werk. Een van die mees verdienstelike lede, Hannetjie du Plessis van Northam, is aangewys is as die VLU Persoonlikheid van die jaar. Dreyer het haar bedank vir jare lange getroue en entoesiastiese diens aan die organisasie. Die Top Tak was Northam, met Steenbokpan en Baltimore in die tweede en derde plekke.
Die skakelbeampte van die jaar is Mev. Maritsa Jacobs van Beauty.
Lede het in verskeie afdelings meegeding en die wenners was as volg:
Die tak met die meeste punte was Beauty, met Alma, Ellisras en Northam kort op hulle hakke. Ellisras tak het die Blomme trofee verower.
Die lid met die meeste punte was Mari Meintjies (Northam), tweede was Marieta Folkus (Beauty) en Annelise Maritz (Ellisras) was in die derde plek. Marieta Folkus het ook toekennings gekry vir die meeste punte op streek- en provinsiale artikels, asook die trofee vir die meeste pryswennende artikels. Twee spesiale pryse is toegeken aan twee lede van die Steenbokpan tak. Hulle is Lorraine Frost vir haar lappop wat 90% behaal het, en Surita Steenkamp se foto wat 96% behaal het. Suritha kry ook ‘n trofee vir mees verdienstelike artikel.
Lede met die meesterpunte in die onderskeie dissiplines was as volg:
Borduurwerk: Annette Swart (Alma) en Wilma van der Merwe (Vaalwater)
Breiwerk: Di York (Alma)
Gebak: Trudie de Beer (Alma)
Handvlyt: Hannie Yssel (Alma)
Hekelwerk: Mara Lottering (Beauty)
Masjienwerk: Marieta Folkus (Beauty)
Preservering: Marika van Zyl (Ellisras) en Martie du Plessis (Beauty).
0 Comments