<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

VLU Aandster presteer

 
News : 20 Mar 2014 206 Viewed By NoordNuus reporter 0

Mari Blignaut het eersteplek behaal in die blom-afdeling: beginners, tema “Welkom aan my tafel” – sy het haar uitmuntend van haar taak gekwyt met die “Handsak en hoed” tema wat sy gebruik het.
Riki Lourens het vir die eerste keer deelgeneem aan die blommerangskikkings kompetisie, en sowaar vierde plek behaal in die kategorie Middelbaar. Riki se tema was ook “Welkom aan my tafel”, en haar rangskikking wat rissies en kruie ingesluit het, was baie innoverend. 
Madelain Uys het in die gevorderde afdeling derde plek behaal met die tema “Vuur” wat uitgebeeld is.
Elsie Human het haar knopie ontvang vir vyf-jaar lidmaatskap aan die VLU – die Aandster tak wens Ouma Elsie (soos sy bekend is in die tak) geluk met hierdie prestasie. 
Die Aandster tak het die toekennings ingeryg:
• Madelain Uys het tweede plek behaal in die kategorie “Gebak en Lekkers: 75% vir haar Sweedse tee ring
• Mari Blignaut hetr derde plek behaal in die kategorie “Gebak en Lekkers: 72% vir haar Switserse rolkoek
• Mari Blignaut her eerste plek behaal in die kategorie “Naaldwerk: 82% behaal vir haar Kombuis voorskoot
• Riki Lourens het tweede plek behaal in die kategorie “Kuns – Zentangle kaartjie” met 91%!! (sy is slegs sedert November 2013 lid van die Aandster tak – ons is baie trots op haar vir hierdie prestasie)
• Mari Blignaut eerste plek (deel met Essa van Blerk) algehele wenner streek
• Reinette Visagie derde plek punte groottotaal
• Reinette Visagie tweede plek algehele wenner provinsiaal
• Reinette Visagie derde plek mees verdienstelike “Preservering en gebak”
Die Aandster tak van die VLU het natuurlik ‘n baie trotse oomblik beleef toe hul eie Monica Human verkies is as die nuwe Streek voorsitter van die Soetdoring streek. 
Nog ‘n verdere eer wat die tak te beurt geval het, is dat Mari Blignaut (Aandster se voorsitter) verkies is as die nuwe beoordelaar-sameroepster vir die Soetdoring streek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube