<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mev SA dalk uit Lephalale

 
News : 20 Mar 2014 212 Viewed By Valerie Cilliers 0

Rina werk tans by die Medupi kragstasie projek en is die ma van twee tiener dogters. Haar oudste, Vaughnique (17) is verlede jaar aangewys as Mej. Waterberg, Danielle (12) dra die titel van Mej. Dome Festival 2013. Sy vertel dat dit juis haar dogters was wat haar geïnspireer het om aan die kompetisie deel te neem. “Albei het verlede jaar begin met model klasse en ek het dadelik gesien hoe hulle selfvertroue groei. Saam met my man, Phillip is hulle vir my ‘n steunpilaar en dit is lekker om te weet dat hulle 100% agter my staan.”
Mev Suid-Afrika ondersteun Kansa in die stryd teen kanker en verlede jaar is meer as R300 000 vir Kansa ingesamel. Rina vertel dat die organisasie haar na aan die hart lê. “My skoonpa is onlangs oorlede aan limfklierkanker en ek is dankbaar vir die geleentheid om hierdie platvorm te kan gebruik om finansies vir Kansa in te samel.”
Die hoof beoordelaar by hiedie jaar se kompetisie is Cindy Nell-Robberts (voormalige Mej Suid-Afrika). Sy en ‘n span van ses beoordelaars sal op 12 April onderhoude met die semi-finaliste voer om uiteindelik die 22 finaliste aan te wys. Rina sal ook by die gala-aand geleentheid kry om haarself en haar borg voor te stel. Kaartjies vir die geleentheid kan by haar gekoop word. Besighede kan dit ook oorweeg om ‘n tafel van tien te borg. Sy is ook opsoek na persoonlike borge waarvan sy dan as ambasadeer optree. Vir meer inligting skakel gerus vir Rina by 084 414 4892. Stem ook gerus vir haar deur “Rina” te sms na 35959 (R3 per sms).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube