<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Só lyk nuwe jagseisoene en regulasies

 
News : 20 Mar 2014 338 Viewed By Jasper Raats 0

Grondeienaars mag regdeur die jaar jag maak op bobbejane, blou-ape, rooikatte, kolhase, vlakhase, koedoes en rooibokke. Dieselfde geld vir blouwildebeeste en waterbokke behalwe dat hierdie twee spesies nie op kleinhoewes in die Mokopane, Letaba en Polokwane distrikte gejag mag word nie.
Bosbokke mag deur grondeienaars wettig gejag word sonder permitte tussen 1 Mei en 31 Julie, maar ook nie op kleinhoewes in die Mokopane, Letaba en Polokwane-distrikte nie.
Jagters wat hierdie plase besoek om te jag moet egter permitte uitneem vir die jag en ook vir die vervoer van karkasse van hierdie spesies. Hulle mag ook net tydens jagseisoene soos in die
Staatskoerant uiteengesit jag. Vir kolhase, vlakhase, grysduikers, koedoes en rooibokke strek hierdie seisoen in Limpopo nou van 1 Mei tot 31 Julie. Dieselfde seisoen datums geld vir bosbokke, maar hulle mag nie op kleinhoewes in die Mokopane, Letaba en Polokwane distrikte gejag word nie. Blouwildebeeste en waterbokke mag ook deur besoekende jagters op plase gedurende hierdie seisoen gejag word, behalwe op kleinhoewes in die Letaba-distrik.
Hierdie wetgewing affekteer nie jagplase wat vrystelling van die jagwetgewing geniet nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube