-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Te danke aan ‘n hele lys helde is sowat 1 500 mense verlede week ontruim weens vloede in die Lephalale omgewing. Meer as 200 mense wat vasgekeer was is vir twee weke lank voorsien van kos en voorraad.
Die lys van mense wat gehelp en geskenk het, is baie lank. Min mense weet egter van die handjie vol wat hulle eie lewens gewaag het om die vierpotiges in ons gemeenskap te help. Altesaam veertien honde is gered en meer as 80 diere is verlede week by die DBV in Lephalale tydelik gehuisves toe hul base
inderhaas weens vloede moes ontruim.
Mariaan Wentzel van die DBV in Lephalale het ‘n vasberade span agter haar gehad om te sorg dat die diere veilig is.Hulle is Lenie Strydom; Karisma en Luane van der Neut; Mariaan Wiid; Deirdre Meyer; die Lamprecht gesin (Werner, Liezel, Nicholas en Ruan); Nicoleen Joubert en die manne met die geel Toyota bakkie.
Die DBV bedank graag almal wat ‘n bydrae gemaak het deur kos te skenk. Die skenking van ‘n splinter nuwe wasmasjien het gesorg dat kombers skoon bly.
0 Comments