-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Windpompfees is een van die grootste feeste van sy soort in Limpopo met van die grootste Suid-Afrikaanse en internasionale maatskappye wat as borge na vore getree het. Die fees duur van een tot drie Mei en sluit vermaak vir groot en klein, oud en jonk in.
Feesaktiwiteite sluit laser kleiduifskiet, ‘n padwedloop en bergfiets wedren in.Daar gaan ook 'n ploegkompetisie wees en selfs 'n span ploegosse sal in aksie
gesien kan word. Daar sal 'n vee
uitstallings, 'n wildsveiling en veteraanmotorskou aangebied word.
'n Sangkompetisie in samewerking met Groot FM is ook 'n eerste en gee 'n ge-leentheid vir jong opkomende kunstenaars om hulle talent te wys.
Die deelnemers wat deurdring na die semifinaal, sing Vrydag 2 Mei op die hoof verhoog. Baie ander bekende kuns
tenaars soos, Liani May, Kurt Darren, Theuns Jordaan en Steve Hofmeyr gaan deurentyd te sien wees.
Meer inligting kan op die webwerf: www.naboomwindpompfees.co.za gekry word.
0 Comments