<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groenteprojek kry dalk ‘n hupstoot

 
News : 04 Apr 2014 97 Viewed By Jasper Raats 0

Die Noodforum se bestuurder, Eulogia de Wet, het Maandag vertel sy het verlede week besoek ontvang van Pierre de Jager van ‘n projek genaamd Gardening God’s Way.
Pierre spesialiseer glo daarin om mense op te lei om volhoubaar voedsel vir hulself te produseer terwyl hulle die grond waarop hulle werk versorg sodat dit nie uitgeput raak nie.
“Soos ek dit verstaan word daar minimaal aan die grond gewerk. As ‘n mieliplant uitkom, word daar ‘n boontjiesaad in daardie selfde gaatjie geplant en so word plante geroteer dat die een aanvul wat die ander uit die grond geput het,” vertel Eulogia.
Die groentetuine by die Noodforum word deur ‘n boorgat wat die plaaslike Rotariërs geborg het van water voorsien. Behalwe vir die groente wat die Noodforum self aanplant om in kospakkies te plaas wat aan gesinne uitgedeel word is daar byna 20 gesinne wat ook vir hulself groente plant op stukkies grond wat aan elkeen toegeken word.
Hoewel mense hierdie groente hoofsaaklik vir hul eie gebruik plant, kan hulle ook daarvan verkoop as hulle kontant nodig het, verduidelik Eulogia.
Sy sê die Noodforum het eintlik ‘n toesighouer nodig om ‘n ogie te hou oor die groentetuine. “Iemand wat so eenmaal per week kan kom kyk en sekermaak die mense versorg hul tuine en wat dalk genoeg van landbou af weet om probleme met peste en plae te kan identifiseer. Enigiemand wat hiermee kan help kan die Noodforum skakel by 015 491 2500.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube