<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nou het Mokopane ook ‘n Deli

 
News : 04 Apr 2014 1060 Viewed By Jasper Raats 0

Pieter Vogel het geen bekendstelling in Mokopane nodig nie. Hy is hier gebore, het aan Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer en het sy tande in die kleinhandel gesny as kassier by George’s Café.
Later het hy die Spar in Lephalale vir sy swaer, José Gouveia, bestuur.
Daar het hy die hele Spar Groep beïndruk met sy voorbereide opskep etes. Hy het selfs gepryk op blaaie van die tydskrif, Restaurant Business.
Hy het later saam met José die nuwe Spar in Onverwacht oopgemaak, maar kort daarna het die twee swaers besluit om hul supermarkhoede op te hang.
Pieter het Die Stoep restaurant oopgemaak en sommer gou bekend geraak vir sy pizzas en lekker wegneemetes.
Maar sy hart was al die jare in Mokopane. Aan die einde van verlede jaar het hy en sy vrou, Alandi (ook oorspronklik van Mokopane), besluit om terug te verhuis en die kennis en ervaring wat hulle oor die jare opgebou het hier in hul ou tuisdorp te kom inploeg.
Pieter se aanvanklike gedagte was om ‘n wegneem ete restaurant oop te maak, maar hy kon nie dadelik ‘n perseel kry nie. “Dit was ‘n bedekte seën,” sê hy “noudat ek terugkyk besef ek die Deli is wat die dorp wou hê.”
Dit het Pieter besef toe hy begin het om ‘platters’ en gekookte wegneemetes op bestelling te maak terwyl hy vir ‘n perseel gesoek het. Hy het ook by sy eertydse
verskaffers aangeklop en koue vleis en kase op bestelling aangekoop en aan kliënte op sy Facebook-groep, Chops & Chives, aangbied.
Die steun was oorweldigend. Hy kon amper nie voorbly met die kosmaak en voorraad aanry nie.
Toe hy verlede maand ‘n perseel kry was die wegneemetes vergete. Die logiese stap was om Chops & Chives van Facebook en WhatsApp af na ‘n winkel toe te skuif.
Dit was ‘n wen-wen besluit vir Pieter en Mokopane. Chops & Chives het nou ‘n adres en die inwoners van die dorp het nou ‘n tradisionele deli waar hulle alles van koue vleis en kaas tot Deeghuys produkte en speserye kan koop. Vir diegene wat nie lus het om te kook nie is daar opskepbakke met heerlike kook kos en as daar iewers ‘n partytjie gehou word is Chops & Chives nie net die regte plek om ‘platters’ te bestel nie, maar daar is ‘n hele partytjie afdeling met alles van balonne tot geskenkpakkies.
Geleë reg oorkant die biblioteek in Van Riebeeckweg is Chops & Chives die ideale plek om gou op pad huis toe te stop vir vars broodrolletjies en iets lekkers vir die kinders se kosblikke.
Gaan loer gerus in en groet ‘n ou bekende.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube