<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaasmoord: tiener is enigste verdagte

 
News : 04 Apr 2014 405 Viewed By Valerie Cilliers 0

Die 16-jarige verdagte in die Kiesling- moordsaak waarin Will (69) en Anje (66) Kiesling op hul plaas, Merebank, in die Swartwater-distrik vermoor is sal Maandag in die streekshof op Mokopane verskyn. Die seun, wat ‘n familielid van die egpaar is, is Maandag in Mosselbaai gearresteer en is volgens die polisie tans die enigste verdagte in die saak.
Die Kieslings se ontbinde liggame is verlede Vrydag in hulle plaashuis deur lede van die plaaslike polisie aangetref. Volgens George Kiesling, ‘n kleinneef van die egpaar, is Anje se liggaam in die sitkamer, waar sy steeds op die stoel met haar leesbril aan gesit het, gevind. Will het in die slaapkamer op sy maag op die bed gelê.
Kiesling wou nie uitbrei oor die verdagte nie, behalwe om te sê dat hy ‘n
probleemkind is. “Ons het gehoor dat hy met dwelms deurmekaar was en dat hy na die plaas gestuur is om sy kop skoon te kry.”
Volgens hom woon Will Kiesling sy lewe lank in die Swartwater distrik. “Hy het vir ‘n kort tydjie die Bosveld verlaat om sy vakleerlingskap as diesel- en petrolwerktuigkundige in Pretoria te voltooi en is kort daarna weer terug Swartwater toe. “Oom Will was baie lief vir die Bosveld en ons het graag na sy jagstories geluister. Dit was sy wens dat sy as gestrooi sal word by die rivier waar hy graag Waterbokke gejag het. Hy het die plek Kanaan genoem. Oom Will en tannie Anje was albei  baie geliefd in die gemeenskap,” het hy Woensdag aan Noordelike Nuus gesê.
Anje het ‘n paar jaar gelede die
Messiaanse Joodse geloof aangeneem en Will was ‘n lid van die NG gemeente op Swartwater.
Kolonel Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het hierdie week bevestig dat die seun Maandag by sy voog se huis in Mosselbaai in hegtenis geneem is. Hy is Woensdag reeds na Mokopane
geneem waar hy in aanhouding sal bly tot sy hofverskyning Maandag. Die resultate van die na-doodse ondersoek sal ook dan eers bekendgemaak kan word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube