-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Charmain vertel dat sy toe maar slegs ses maande in die dorp gewoon het, maar dat die gemeenskap hulle dadelik oor Mikayla en oor hulle as gesin ontferm het. “Mikayla sou nooit gewees het waar sy vandag is as dit nie vir die mense was wat ons in daardie tyd so wonderlik bygestaan het nie,” vertel sy.
Charmain wou graag terug gee, “iets soos pay it forward,” verduidelik sy. Dit is waarom sy aanvanklik by verskeie liefdadigheidsak-sies betrokke geraak het. In Augustus verlede jaar het sy en ‘n vriendin, Monique Swanepoel, besluit om kanker pasiënte by te staan en het so die kleingeld vir kanker projek begin. Al hoe meer vroue het hierby betrokke geraak en uiteindelik is die ‘Kupcake’ Caregivers gestig. Vandag bestaan die organisasie uit agt vroue, wat almal die begeerte het om ‘n verskil in ander se lewens te maak. “Ons het nooit gedink dat die projek so groot sal raak nie, met die hulp van die gemeenskap en besighede in Lephalale kon ons ‘n voe-dingskema begin wat kos aan 45 behoeftige gesinne op ‘n maandelikse basis voorsien. Dit sluit die meer as 20 gesinne in wat in twee blanke plakkerskampe in die Lephalale omgewing woon.
Tot dusver het die ‘Kupcakes’ kruideniers-ware en klere ingesamel en dan versprei, maar ‘n paar weke gelede het Solidariteit se Helpende Hand van die groepie vroue te hore gekom en hulle genader om ‘n Helpende Hand tak in Lephalale te stig. “Ons is baie opgewonde oor die moontlikheid om nog meer vir die gemeenskap te doen. Vir elke 15 persone wat ‘n lid van Helpende hand word deur ‘n debietorder van R50 te teken word R10 000 in die Helpende hand ‘Kupcake’ rekening in betaal. Ons kan dan aansoek doen vir die die finansiering van projekte waar daar nood is. Die finansies word deur Helpende hand se ouditeure behartig,” vertel Charmain.
Intussen gaan die ‘Kupcakes’ vanaf Charmain se huis verskuif na ‘n huis wat tans as deurganghuis gebruik word. “Al agt van ons gaan traumaberading opleiding ontvang om slagoffers van verkragting en gesinsgeweld by te staan. Die ‘Kupcakes’ sal vanuit hierdie deurganghuis verskeie projekte aanpak. “Ons wil byvoorbeeld weeklikse werkswinkels vir behoeftige mense, wat nie werk het nie, aanbied. Ons is tans op soek na individue wat hierdie mense kan leer hoe om te verf, naaldwerk te doen of krale te maak, om sodoende later moontlik hul eie besigheid te begin.”
Op 31 Mei wil die ‘Kupcakes’ ‘n nuwe Guinness wêreld rekord opstel deur ‘n
mosaïek bestaande uit 80 000 verpakte voedsel items te maak. “Die vorige rekord is 75 000 en Guinness Book of Records gaan by die geleentheid wees om die rekord waar te neem,” s ê Charmain.
As Helpende Hand-tak gaan die span ook die skooltassie projek aanpak wat ‘n tas en skryfbehoeftes aan elke graad 1 leerder in Lephalale aan die begin van 2015 sal
voorsien.
Een ding is duidelik; hierdie agt vroue is nie bang vir harde werk nie en skroom geensins om betrokke te raak by mense in nood nie. Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak kontak Charmain by 076 714 5167. Of besoek hulle Facebook bladsy Helpende Hand Kupcake Caregivers.
0 Comments