-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Hyundai Mokopane is onlangs aangewys as die land se nommer een handelaar op dié maat-skappy se kliëntediens tevredenheid indeks vir kleiner handelstakke.
“Hierdie gradering,” verduidelik Hyundai Mokopane se bestuurder - Werner van Vuuren, “is gebaseer kliënte grade-rings op verkoopdiens van voertuie wat by ons gekoop is of deur ons werkswinkel gediens of herstel is.”
Hyundai Suid-Afrika bel elke kliënt kort na ‘n transaksie en bepaal dan kliënte se tevredenheid met die handelaar op grond van kliënte se te-rugvoer op ‘n lys van 22 vrae wat aan hulle gestel word.
Hierdie toets het Hyundai Mokopane met lof geslaag deur 100% gradering deur sy kliënte vir die laate vier maande te behaal. Verlede jaar het die tak ‘n kliëntediens tevredenheidgradering van 98% vir die jaar gehandhaaf vir nuwe verkope en net oor die 95% vir werkswinkeldiens.
Hierdie gradering is vir 300 transaksies op die verkoopvloer en ongeveer 2500 werks
winkel evaluasies.
Werner skryf die tak se sukses toe aan streng bestuur met ‘n absolute fokus op kliëntediens. “As ‘n mens nie daarop fokus nie, het jy nie ‘n besigheid nie,” sê hy.
Hy het sy personeel geloof vir hul toewy-ding en harde werk en sy dank teenoor hulle en ook Hyundai Mokopane se kliënte uitgespreek.
0 Comments