-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Met die winter wat stadigaan naderkruip moet boere weer voorsorg tref vir die komende veldbrand seisoen.
Kommer dat die plaaslike brandbeskermingsvereniging (BBV) in Lephalale onaktief geraak het, is Dinsdag by ‘n brandbeskerming vergadering tussen die munisipaliteit en wyksleiers van die landelike veiligheid (LV) forum bespreek.
Die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande van 1998 is een van die min wetgewings wat jou outomaties as skuldig sien tot jy onskuldig bewys word, sou jou bure skade ly oor ‘n brand wat op jou plaas uitbreek. Hoofstuk twee van die ‘brandwet’ bepaal egter dat grondeienaars of gebruikers daarvan wat lede van ‘n BBV is as onskuldig beskou word totdat daar in ‘n siviele saak bewys is dat hulle skuldig is. Dit is daarom uiters belangrik dat boere aansoek sal doen om aan die vereniging te behoort. Die aansoek is gratis en vorms kan van LV wyksleiers verkry word.
By Dinsdag se vergadering is Pieter du Plessis, wyk voorsitter van die Steenbokpan-omgewing aangewys as voorsitter van die landelike arm van die BBV. Hy maan boere wat reeds aansoek gedoen het om her aansoek te doen aangesien daar nie tans duidelike bewyse is van wie lede is al dan nie.
0 Comments