<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Neem só deel aan polisieforum

 
News : 16 Apr 2014 172 Viewed By Jasper Raats 0

Die Mokopane Gemeenskapspolisiëringsforum se voorsitter, Andy Goetsch, het hierdie week ‘n nuwe platform waardeur alle gemeenskapslede aan die forum kan deelneem bekendgestel.
Inwoners moet bloot ‘n e-pos na die adres: lim.mokopane.inif@saps.gov.za stuur waarin hulle vra om by die elektroniese GPF ingesluit te word.
Hulle sal dan outomaties op die e-poslys kom wat maandeliks na afloop van die forum aan alle elektroniese lede terugvoer oor die forum gee. Misdaad wenke en -waarskuwings sal ook aan lede van hierdie e-poslys gestuur word.
Op hulle beurt kan lede wat klagtes het of dalk raad met die gemeenskap wil deel dit ook via hierdie e-posadres na die forum stuur vanwaar dit met ander lede gedeel word.
Goetsch het verduidelik dat hierdie stap geneem word omdat baie mense deel wil neem aan die GPF, maar nie vergaderings in besigheidsure kan bywoon nie. “Ons wil elk-een betrek by die stryd teen misdaad en ek glo hierdie manier gaan dit vir almal moontlik maak om deel te neem.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube