<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kuns en kultuur blom by CVO Skool

 
CVO hou die tale gesond Leanné le Roux en Louis Boshoff van die Potgietersrus CVO Skool het onlangs die Taalbond eksamen in Afrikaans en Engels afgelê. Taalbond is ‘n tweetaligheidseksamen wat een keer per jaar (gewoonlik in April) afgelê word. Die eksamen word opgestel en afgeneem onder beskerming van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Ervare onderwysers tree as eksaminatore op. Die vraestelle en die nasienproses word dus deeglik gemodereer deur ervare vakspesialiste.
News : 25 Apr 2014 218 Viewed By Jasper Raats 0
 

 

 
 

Hierdie leerlinge van die Potgietersrus CVO Skool het onlangs geskiedenis gemaak toe hulle saam met leerlinge van die CVO Moot in Pretoria ‘n blokfluit slypskool bygewoon het. Dit was die eerste kursus van sy soort wat vir CVO skole aangebied is.
Die Potgietersrus CVO skool se volkspele-span het vroeër hierdie maand ‘n volkspele marathon gehou ter voorbereiding vir die Plesier week wat tydens die Julie Vakansie aangebied word.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube