-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Michaela Byliefeldt, ’n 16-jarige leerder van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane, het ‘n sagte hart as dit by diere kom. Die meisiekind het besluit om geld in te samel vir die plaaslike DBV – haar projek, die DOG (Beskermer) projek, is geloods op Facebook en sy werk kliphard daaraan om haar projek aan die die dorp bekend te stel.
Die plan is eenvoudig – om individue en besighede te versoek om al hul 5c en 10c munte te skenk elke maand vir een jaar lank. Die sente word opgegaar in houers totdat Michaela genoeg het om dit te gaan bank en aan die plaaslike DBV te skenk.
“Diere lê my na aan die hart en ek wil graag soveel honde red as moontlik,” vertel sy. “My hart word seer as ek daaraan dink dat die DBV enige diere van kant moet maak en ek besef dat die DBV nie vir die diere kan sorg as hulle nie fondse het nie.”
So vra Michaela dat die gemeenskap haar ondersteun en sy moedig ook inwoners aan om honde en katte by die DBV te gaan aanneem. Skakel of SMS Micheala by 084 415 4348 of 073 457 3510.
0 Comments