<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Liedjie vir Nathan vrygestel

 
News : 01 May 2014 219 Viewed By Valerie Cilliers 0

‘n Vlooimark om fondse in te samel vir Nathan Hogan (4) van Lephalale wat met neuroblastoma gediagnoseer is sal Saterdag by die Junction in Lephalale plaasvind.
Verskeie kunstenaars sal by die geleentheid optree en organiseerders is veral opgewonde oor ‘n liedjie wat spesiaal deur Dan Vaux vir Nathan geskryf is. Die liedjie genaamd SA is Blou vir jou sal deur die singende brandweerman by die geleentheid vrygestel word. Ander kunstenaars wat gaan optree is Erika Tolmay en Pieter Muller.
Volgens die organiseerders is daar al meer as 50 vlooimarkstalletjies, ‘n biertuin, modelkompetisie, die Ellisras got talent-kompetisie en ‘n potjiekoskompetisie om die dag spesiaal te  maak. Hekke open Saterdag om 09:00 en kaartjies kos R30 vir volwassenes en R10 vir laerskoolkinders .
Vir meer inligting oor die model kompetisie kontak Tessa Joubert by 014 763 6782 vir die talentkompetisie en potjiekos kompetisie kontak Charmain Robbertse 076 714 5167.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube