-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Linke Nel die twee-jarige dogtertjie van Lephalale wat tans in Australië behande-ling kry vir 'n seldsame vorm van Akute Limfoblastiese Leukemie (ALL) maak volgens dokters daar goeie vordering.
Haar ma, Rene vertel dat haar nierfunksie die afgelope paar dae noemens-waardig verbeter het.
Dit gaan ook goed met die hele gesin nou dat Linke se pappa, Brandt, ook saam met hulle in Australië is. Hy sal voorlopig tot die einde Junie kan aanbly om sy gesin by te staan.
Intussen kry Linke weekliks IV chemo en daagliks orale chemo en steroiede.
‘n Aspirasie sal weer 5 Junie gedoen word om te sien of die behandeling tot dusver suksesvol was en of sy steeds in remissie is.
Linke het ook onlangs haar tweede verjaardag gevier en dokters en verpleegpersoneel van die Westmead kinderhospitaal het die dag vir haar spesiaal gemaak.
Linke se vordering kan gevolg word op die facebook blad “Little Linke Love", daar is ook besonderhede oor hoe finansiëel bygedra kan word tot haar behandeling.
0 Comments