<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

17 residensiële inbrake oor langnaweek

 
News : 01 May 2014 157 Viewed By Valerie Cilliers 0

Residensiële inbrake in die Lephalale omgewing het die afgelope jaar noemenswaardig toegeneem, so is die gemeenskap verlede Donderdag by die gemeenskaps-polisiëring vergadering meegedeel.
Dit wil voorkom of misdadigers huise in Onverwacht, veral langs die gholfbaan en ook asbes huise teiken. Sekuriteit-eenhede met 24-uur sekuriteit word ook nie uitgesluit nie. In die meeste gevalle word slotte aan deure oopgebreek terwyl inwoners slaap. Meeste inbrake kom voor tussen 02:00 en 05:00. Plasma TV’s, selfone en skootrekenaars bly van die gewildste items wat gesteel word.
Volgens adjudant offisier Frans Mokoena het die Lephalale polisie inligting ontvang dat die plasma TV’s gesteel word om chemikalieë daaruit te haal om die dwelm Nyaope te vervaardig. Hy het ook bevestig dat daar vanaf Vrydag 25 April tot Dinsdag 29 April 17 huisbrake en drie besigheidsinbrake gerapporteer is. Hy maan die gemeenskap om te registreer op die polisie se patrollielys indien hulle huis leeg staan gedurende die vakansies.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube