<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘n Wêreld rekord vir Lephalale

 
News : 08 May 2014 120 Viewed By Jasper Raats 0

Lephalale kan dalk binnekort in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn wanneer daar op 31 Mei gepoog gaan word om die meeste pakkies nie-bederfbare voedsel op een plek te versamel. Die projek is ten bate van die Helpende Hand Kupcakes se voe-dingskema waarin meer as 40 gesinne in Lephalale op ‘n maandelikse basis gehelp word.
Volgens een van die organiseerders, Charmain Robbertse, word daar weekliks nuwe gesinne op die lys gevoeg. “Mense kry swaar en daar is baie families in die dorp wat honger lei. Ons kan nie voorbly met genoeg kos vir al die gesinne nie en daarom het ons hierdie projek aangepak.”
Die projek vorm deel van die Tekkie Tax dag op 31 Mei en sal by die Junction in Lephalale aangebied word. Ingang vir die dag is ‘n tekkie tax plakker (R10) en ‘n nie-bederfbare voedsel produk soos spaghetti of enige blikkies kos. “Ons is reeds besig om met groot kettingwinkels te onderhandel om soveel as moontlik produkte op die dag daar te hê, verskeie nasionale koe-rante en TV-kanale sal ook daar wees om die rekord vas te lê. Natuurlik sal die organisasie Guinness book world rekords ook die dag bywoon om te bevestig dat ons wel ‘n rekord opgestel het," vertel Charmain.
Die bestaande rekord is 75 000 items en die Kupcakes beoog om meer as 80 000 in te samel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube