-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Verskeie boere in die Lephalale en Mokopane omgewing het geeis vir vloedskade nadat die Waterberg distrik weens die vloede in Maart as rampgebied verklaar is.
Inligting wat deur boere aan die Departement verskaf is, moet voor die einde van Mei deur beamptes van die Departement geverifieer word. Volgens die department sal ‘n beampte van die plaaslike Landboukantoor eisers skakel vir ‘n afspraak. Die department versoek dat eisers die beamptes behulpsaam sal wees tydens die proses.
“Neem asseblief kennis dat n tweede ronde van verifiëring ook sal plaasvind. Die keer sal dit beamptes wees van 'n konsultasiemaatskappy wat deur die Provinsiale regering aangestel sal word en wat vergesel sal word van beamptes van die Departement. Eers daarna sal besluit word of hulp en watter vorm van hulp gegee sal word."
"Dit is n lang proses maar ons glo dat dit suksesvol sal wees," sê Marlise Bornman van die department landbou in die Waterberg-distrik.
0 Comments