-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Beyers Smit, ‘n raadslid van die Mogalakwena munisipaliteit, is vroeër hierdie maand gekies tot die nasionale raad van provinsies en is hierdie week ingesweer.
“Ek het amper ‘n jaar gelede aansoek gedoen nadat die provinsiale leierskap my daartoe aangemoedig het,” sê Smit en voeg by dat hy aanvanklik gedink het hy het nog ervaring nodig voor hy daaraan kan dink om parlement toe te gaan.
“Dit was ‘n groot stap vir my en die eerste tree in ‘n lang en streng keuringsproses.”
Hy sal volgende week weet wat sy portefeulje gaan wees. Al die besonderhede oor die verskuiwings in Limpopo sal Maandag tydens ‘n media konferensie in Polokwane bekendgemaak word.
Hoewel Smit van nou af ses maande in Kaapstad en ses maande in Pretoria gaan werk, sal hy steeds ‘n Mokopane inwoner bly. Deur die week gaan hy in ‘n parlementshuis woon en sal dan naweke na Polokwane vlieg om by die huis te wees.
“Om gekies te word tot die nasionale raad van provinsies is vir my ‘n groot eer en ek is werklik baie dankbaar vir die geleentheid,” het Smit hierdie week aan Noordelike Nuus gesê.
0 Comments