<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Skenkings vloei by HPP wynveiling

 
Twee landbou reuse en ‘n bekende steenmaker kuier saam tydens Hoërskool Piet Potgieter se jaarlikse wynveiling. Piet van Zyl is waarskynlik een van Limpopo se mees suksesvolle boere met landboubelange wat vêr oor Suid-Afrika se grense strek. Jan-Boland Coetzee word gereken onder die land voorste wynmakers en Pierre Peens is nie net een van die manne agter Zebediela Stene nie, hy het hom al onderskei as ‘n hoeksteen in die gemeenskap van Mokopane.
News : 29 May 2014 239 Viewed By Jasper Raats 0

Hoërskool Piet Potgieter se jaarlikse wynveiling het oor die afgelope drie jaar ‘n hoogtepunt op Mokopane se sosiale kalender geword. Hierdie fondsinsamelings inisiatief van die skool het hierdie jaar ‘n omset van net oor die R200 000 gehaal met weldoeners wat meesal die markwaarde van die wyn wat hulle gekoop het ver oorskry het met die pryse wat hul aangebied het.
Maar soos een ouer opgemerk het: “Dit bly ‘n winskopie. Jy skenk geld vir die skool en kry ‘n bottel of twee wyn daarvoor.”
Dit is hierdie uitgangspunt wat party lotte rekordpryse sien haal het. Drie bottels Vriesenhof - gemaak deur die aand se gasspreker, Jan-Boland Coetzee is opgeraap vir R3 200 deur Dries Coetzee.
Vir ‘n Bottel 20-jaar-oue KWV brandewyn is die bod toegeslaan op Trichia Van der Walt, maar toe die afslaer, Alan Sinclair van Vleissentraal besef sy het teen haar man, Waltie gebie het het hy hulle R500 afslag gegee.
Drie Bottels Vriesenhof, ‘n 2005 Kallista, ‘n 2011 Grenache en ‘n 2003 Cabernet Sauvignon is teen R6000 gekoop deur Casper Vorster van MGM Motors. MGM is ook een van die skool se grootste borge op sport en akademiese gebied.
Ses bottels Shiraz van La Motte se platinum versameling is teen R6 000 verkoop en die Kaapse vakansie wat retoervlugte, wyn en kaas proe, spa behandelings en verblyf in ‘n boutique hotel en top gastehuis insluit is teen R17 000 verkoop.
Die winste van die wynveiling word gedeel met Paarl Gimnasium. Piet Potgieter gaan hierdie geld in die skool se ontwikkelingsfonds aanwend vir verskeie projekte waaronder die opgradering van die terrein is met die oog op volgende jaar se interhoër.
Die hoof, Jas Hansen, het beide MGM Motors en Mogalakwena Platinum by voorbaat bedank vir die steun wat dié twee organisasies die skool toegesê het ter voorbereiding vir die 2015 Interhoër.

 

 

 
 

Die Afslaer vir die aand, Alan Sinclair, het gewys dat daar nie so iets is soos ‘n suksesvolle veiling sonder ‘n goeie afslaer nie. Hy het seker gemaak elke lot verkoop teen die beste moontlike prys terwyl hy die kopers oortuig het hulle kry ‘n winskopie.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube