<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Saalrugrooibok behaal top prys

 
Lukie Steenkamp met die verdoofde saalrug rooibokooi wat vir R1-miljoen verkoop het.
News : 29 May 2014 266 Viewed By Jasper Raats 0

Lukie en Carina Steenkamp van Blue Chip Exclusive Game Breeding & Hunting Safaris op Mokopane het hierdie week rede om te glimlag nadat ‘n saalrugrooibokooitjie uit hulle teëlkampe Saterda ‘n R1-miljoen gehaal het tydens WRSA se jaarlikse veiling by Thaba Manzi in Bela-Bela.
Een van hulle blouwildebeesbulle het vir R7 000 verkoop en drie van hul wit bleskbokke het R5 000 gehaal.
Die rooibokkie is op WRSA se katalogusveilingsmodel verkoop terwyl die Steenkamps se ander diere uit die hok verkoop is. Lukie verduidelik dat die katalogusveiling baie van die stres van veilings vir diere sowel as kopers en verkopers uitskakel.
Die Rooibokooi is Woensdag deur ‘n veearts gepyl en onder verdowing opgelaai om na haar nuwe eienaar se plaas vervoer te word.
Die Steenkamps boer met swartwitpense, gouewildebeeste, swartrooibokke, saalrugrooibokke, njalas, springbokke en gewone wild.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube