<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kierieklapper Kunstefees: 7-9 Augustus

 
News : 05 Jun 2014 478 Viewed By NoordNuus reporter 0

Hierdie jaar se fees is propvol Kinkels en Kronkels! Probeer gerus een van die Kronkels vir ‘n paar uur se goeie vermaak op Saterdag 9 Augustus. 
Kronkel saam op die Kos-kronkel wat begin by die Dienssentrum met sjerrie, ‘n voorgereggie en luister na die Skemeruur Volksanggroep. Vertrek dan na Hoeka Toeka en geniet ‘n program aangebied deur die Mokopane Kunsteforum terwyl u knibbel aan  ‘n ligte ete. Dan is daar ‘n Kinkel in die Kronkel (dis ons geheim) en sluit af op die Feesterrein met pannekoek en koffie waar die Storiesambreelvrou jou wegvoer na ‘n plek vêr van hier.
Kronkel saam op die Wilds-kronkel wat begin by die Slang karavaan op die Feesterrein. Drink net eers jou Amarula likeur voor jy die slange aandurf.  Kronkel daarna na Louis Naudé vir ‘n baie interessante aanbieding oor wilde diere en hulle skedels. Hier word weggelê aan vars gebakte vetkoek met maalvleis. Dan is daar ‘n Kinkel in die Kronkel (dis ons geheim) en na die Kinkel vertrek die kronkel na Tilla en Prop van Zyl se plaas waar jy van die wild se asems in jou nek kan voel blaas. Om die senuwees te kalmeer is daar likeurkoffie en ‘n pikante nagereg.
Indien nie een van bogenoemde Kronkels jou geval nie, kan jy die Kunste-kronkel probeer wat begin by die NG Moeder kerk waar jy weggevoer word deur die orrelspel van Wimpie Engelbrecht terwyl jy ‘n sjerrie geniet. Dan kronkel ons na The Honey Ball vir tuisgemaakte sop en tuisgebakte brood.  Frikkie de Lange se Umgundgunglovu en die Straus Dogters String Quartet is iets wat nie misgeloop kan word nie. Hier is weer ‘n Kinkel in die Kronkel (dis ons geheim) en ons sluit af by die Dienssentrum waar die Skemeruur Volksanggroep sing en  daar gesmul word aan die allerlekkerste nagereg en Cuppacino.
Elke kronkel het net plek vir 20 persone en kaartjies kos R150 per persoon wat toegang tot die feesterrein vir Saterdag insluit.
Kontak die Dienssentrum vir Bejaardes by 015 491 5747 om kaartjies te koop of vir verdere inligting.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube