-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Dit is weer tyd vir die jaarlikse hondsdolheid inentings. Inentings is verpligtend en alle honde en katte bo die ouderdom van drie maande word jaarliks ingeënt.
Hondsdolheid is ‘n gevreesde virus siekte wat dodelik is vir mens en dier. Die enigste manier om u huisgesin teen diè gevreesde siekte te beskerm is om seker te maak dat alle honde en katte op u eiendom se inentingstatus op datum gehou word.
Gevalle van hondsdolheid kom nog gereeld in die land en ook in ons omgewing voor waar selfs mense aan die gevreesde siekte sterf.
Deur positiewe reaksie en samewerking is 2898 honde/katte gedurende 2012 in Mokopane geënt teenoor 1647 in 2010 en 1709 in 2011. Vir 2013 was daar weer ‘n daling waar slegs 2339 honde en katte in Mokopane geënt is.
Met elke diere eienaar se hulp kan meer honde en katte hierdie jaar geënt word en so hondsdolheid in ons gebied uitroei.
Om u en u huisgesin te beskerm gaan beamptes van Veeartsenydiens gratis inentingsklinieke in Mokopane en Mookgophong hou.
MOKOPANE: 17-19 June 2014 form 07:00 to 17:00 at the Van van Rensburg Hall & in Front of Library.
MOOKGOPHONG: 25 and 26 June 2014 at 07:00 – 17:00. Mookgopong Municipality Parking and Community Hall
0 Comments